Ted Cruz

Ted Cruz
Ted Cruz

VSA-juniorsenator vir Texas
Voorafgegaan deur Kay Bailey Hutchison

Persoonlike besonderhede
Gebore 22 Desember 1970 (1970-12-22)
Calgary, Alberta, Kanada
Politieke party Republikeins
Kind(ers) 2
Handtekening

Rafael Edward Cruz (gebore 22 Desember 1970) is 'n Amerikaanse politikus en prokureur wat sedert 2013 as die junior VSA-senator vir Texas dien. Hy het tweede geëindig tydens die Republikeinse benoemingsproses vir die 2016-verkiesing.

Cruz het grade in onderskeidelik openbare beleid aan Princeton-universiteit en in die regte aan Harvard se regskool behaal. Hy het van 1999 tot 2003 verskeie posisies in die regering beklee. Hy was o.m. direkteur van die kantoor van beleidsbeplanning van die Federale Handelskommissie, 'n geassosieerde-adjunk-prokureurgeneraal in die Verenigde State se departement van Justisie, en adviseur vir binnelandse beleid vir George W. Bush tydens sy presidensiële veldtog van 2000. Cruz het van 2003 tot 2008 as prokureur-generaal van Texas gedien nadat hy deur Greg Abbott, die latere goewerneur van Texas, aangestel is. Hy was die langsdienende prokureur-generaal in die geskiedenis van Texas, en die eerste Latyns-Amerikaner wat in daardie hoedanigheid gedien het. Van 2004 tot 2009 was Cruz 'n adjunk-professor aan die Universiteit van Texas se regsskool in Austin, waar hy klas gegee het in litigasie aan die VSA se hooggeregshof.

In 2012 het Cruz die Amerikaanse senaatsetel verower wat deur sy mede-Republikein Kay Bailey Hutchison vakant gelaat is. Hy was die eerste Latyns-Amerikaanse senator om Texas te verteenwoordig. In 2016 het Cruz om die presidentskap van die Verenigde State meegeding, en in 12 state eerste gekom as die Republikeinse kandidaat, voordat hy aan die wedloop onttrek het. Hy is in 2018 weer tot die Senaat verkies en het die Demokratiese uitdager Beto O'Rourke met 'n marge van 50,9% tot 48,3% geklop in die duurste senaatsveldtog in die geskiedenis van die VSA. Saam met Bob Menendez en Marco Rubio is Cruz een van drie huidige Amerikaanse senatore wat van Kubaanse afkoms is.

Senator Cruz het heftige kritiek gelewer op die hooggeregshof van die Verenigde State se beslissing in Department of Homeland Security v. Regents of the University of California om President Obama se uitgestelde-aksie-vir kinderaankomings-program (DACA) te behou, waarvan die meerderheidsuitspraak deur Regter John Roberts geskryf is.[1]

  1. https://townhall.com/tipsheet/cortneyobrien/2020/06/19/ted-cruz-daca-response-n2570904 Opgespoor en besoek op 19 Junie 2020; Aanhaling (Sen. Cruz): "Today's decision from the Supreme Court in the Department of Homeland Security v. Regents of the University of California, is disgraceful."

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search